Hierdie woonstel is op grondvlak geleë. Groot gerieflike grasperk aan die voorkant.
2 slaapkamers met 1 aparte badkamer.
Gerieflike oopplan kombuis- eetkamergedeelte.
Villiersdorp is geleë in die hart van die Overberg en sentraal geleë naby plekke soos Hermanus, Somerset Wes, Worcester en Paarl.
Hierdie woonstel is perfek vir 'n jong getroude paartjie of ouer mense wat daaraan dink om af te skaal.
Skakel gerus vir 'n afspraak.