Validation Header

Validation desc

R 3 450 000 Bond Calculator | 5 Bedroom House for Sale in Kranspoort

Middelburg, Kranspoort

5 4 7
Erf Size: 1 671 m²

Prag eiendom in cul-de-sac met 'n lieflike uitsig en 'n twee slaapkamer woonstel

Hierdie uiters netjiese woning In Kranspoort, gelee in 'n cul-de-sac, is 'n "intrek en bly" huis. Hier is geen werk te verrig nie en met alles in plek is u verseker van krag met 'n baie sterk en groot Deye solarsisteem met 20 panele asook 20 000Lt waterherwinnings opgaar tenks. Daar is vliee-skerms "fly screens" voor al die vensters en deure. Die huis het 3 slaapkamers en 2 badkamers waarvan die hoofslaapkamer se badkamer en-suite is en pragtig ingerig is met genoeg kassies vir pakplek, 'n groot bad, wasbak en toilet. Die gastebadkamer het 'n bad, stort, toilet en wasbak. Al die kamers het genoeg ingeboude kaste en die hoofslaapkamer se kaste is met sorg beplan en daar is meer as genoeg hang en pakplek. Die kamers is ruim en groot. Die hoofslaapkamer het 'n lugverkoeler en die twee gastekamers dakwaaiers.

Die huis het 'n formele sit- en-eetkamer wat deel vorm van die oopplan kombuisarea. Daar is dan verder ook 'n aparte TV kamer en 'n braaikamer gesellig ingerig met sitplek en 'n groot 2de eetkamer tafel waar familie en vriende heerlik kan braai, kuier en gesellig verkeer. Die kombuis het 'n gas hob en 'n ooghoogte elektriese oond. Daar is ook 'n aparte opwasarea. Die huis het boonop 'n groot vertrek wat ingerig is vir die reuse solarsisteem, die wasmasjien en tuimeldroer, ekstra yskaste en oefenapparaat sowel as werkstasies vir twee mense. Ingerig kompleet met ingeboude kaste vir pakplek en groot werksblaaie . 'n Uiters goed deurdagte en beplande werksarea. Vanuit hierdie vertrek stap jy dan na buite na die onderdak parkeerarea. Die huis is ook vanaf hierdie parkeerarea bereikbaar op een vlak en kan daar met gemak toeganklikheid verleen word aan persone wat rolstoele of looprame gebruik. Voorwaar 'n woning wat jou baie meer bied as die gemiddelde woonhuis. Die sprankelende swembad is verhit en gebou om privaatheid te verseker in sy eie binneplein. Vanuit die onthaal/braaikamer kan daar 'n ogie gehou word oor kinders en kleinkinders wat in die swembad baljaar. Die braaikamer/onthaalarea is toegerus met 'n lugverkoelingsstelsel.

Die huis het dan ook 'n volledige twee slaapkamer woonstel, kompleet met sitkamer, kitchenette, en badkamer. Die eerste gastekamer in die woonstel is toegerus met 'n koningingrootte bed, speeltafel en dakwaaier en ingeboude kaste. Die tweede gastekamer in die woonstel het twee enkelbeddens, 'n dakwaaier en ingeboude kaste. Die woonstel se badkamer het 'n stort, wasbak en toilet. Uiters netjies, privaat en ideaal vir kinders, kleinkinders of gaste wat kom kuier.

Kranspoort is enig en uniek. 'n Stukkie juweel hier in die bos met sy eie watersuiweringsaanleg, abbatoir, 9 putjie gholfbaan, 4x4 roetes, staproetes, wild wat vrylik tussen die woonhuise deurbeweeg, 'n Raasblaarsaal wat uitverhuur word vir groot kuiers, piekniekplekke, 'n baie aktiewe jukskei klub, 'n markdag wat gereeld aangebied word en vele meer. Goeie bestuur en beheer oor paaie en dienste.

Kontak my gerus vir 'n afspraak om hierdie eiendom te besoek. Die eienaar is oop vir 'n redelike aanbod.


Property Overview

Listing Number
114776697
Type of Property
House
Description
Double Storey
Lifestyle
Country Living, Eco Estate, Game/Stock Farm, Golf Estate, Lifestyle Farm, Nature Reserve
List Date
10 August 2024
Erf Size
1 671 m²
Levies
R 1 400
Rates and Taxes
R 2 600
Pets Allowed
No

Rooms

Bedroom
5
Bedroom 1
Tiled Floors, Air Conditioner, Blinds, Fan, Built-in Cupboards, King Bedroom, Veranda
Bedroom 2
Tiled Floors, Blinds, Fan, Built-in Cupboards, Double Bedroom
Bedroom 3
Word tans gebruik as 'n privaat studeerkamer, Tiled Floors, Blinds, Fan, Built-in Cupboards, Double Bedroom
Bedroom 4
Tiled Floors, Blinds, Fan, Built-in Cupboards, Double Bedroom
Bedroom 5
Tiled Floors, Blinds, Fan
Bathroom
4
Bathroom 1
Tiled Floors, Main en Suite, Blinds, Bath, Toilet and Basin
Bathroom 2
Tiled Floors, Basin, Bath, Shower, Blinds, Toilet
Bathroom 3
Tiled Floors, Basin, Shower, Blinds, Toilet
Bathroom 4
Tiled Floors, Basin, Shower, Toilet
Kitchen
2
Kitchen 1
Breakfast Nook, Scullery, Laundry, Eye Level Oven, Granite Tops, Tiled Floors, Blinds, Built-in Cupboards, Country Style, Gas Hob
Kitchen 2
Kitchenette wat die woonstel bedien, Granite Tops, Tiled Floors, Blinds, Open Plan, Built-in Cupboards
Office/study
1
Office/study 1
Tiled Floors, Fan, Open Plan
Lounge
1
Lounge 1
Tiled Floors, Blinds, Fan
Dining Room
2
Dining Room 1
Tiled Floors, Blinds, Fan
Dining Room 2
Tiled Floors, Air Conditioner, Blinds, Recreation Room
Family/TV Room
1
Family/TV Room 1
Tiled Floors, Blinds, Fan, TV Port
Braai Room
1
Braai Room 1
Ingeboude braai, Tiled Floors, Air Conditioner, Blinds, TV Port, Fireplace, Recreation Room

External Features

Garage
1
Garage 1
Ekstra hoogte vir karavaan of boot, Electric Door, Roll up, Tandem, Workshop
Parking
6
Parking 1
Carport, Double
Parking 2
Carport, Secure Parking, Double
Parking 3
Carport, Single
Parking 4
Visitors Parking, On Street Parking, Shade net covered, Double
Parking 5
Visitors Parking, On Street Parking, Shade net covered, Double
Parking 6
Carport, Single

Building

Style
Classical, Architect-designed
Roof
Tile
Wall
Face-brick
Window
Aluminium
Standalone Building
Yes
Solar
Solar Panels
Backup Water
Borehole, Water Tank
Backup Power
Backup Battery / Inverter

Other Features

Wheelchair Accessible
Yes
Backup Water
Yes


Contact AgentWeb Ref 114776697

Send Agent a Message

A message will be sent to the Agent on your behalf.

By continuing I understand and agree with our Terms & Conditions and Privacy Policy.

Agency

Agency profile logo

Agents

Tarina Marais
View Agent's Properties

Latest Listings


  • 3 Bedroom House for Sale in Kranspoort, Middelburg
    R 1 900 000

  • 4 Bedroom House for Sale in Kranspoort, Middelburg
    R 3 975 000

  • 4 Bedroom House for Sale in Kranspoort, Middelburg
    R 5 070 000

  • 3 Bedroom House for Sale in Kranspoort, Middelburg
    R 1 850 000

  • 4 Bedroom House for Sale in Kranspoort, Middelburg
    R 5 070 000