Hierdie eiendom, strategies geleë tussen Riversdal en Stillbaai, is ongeveer 1.5 km van die R305. Die plaas strek oor 90 hektaar en is perfek geskik vir vee, insluitend bees, skape en perde. Daar is ook potensiaal om te diversifiseer met aktiwiteite soos dekriet en houtkap, gewasse sowel as die oprigting van byekorwe.
Die plaas maak tans gebruik van Eskom-krag.
WATERBRONNE – Water word voorsien vanaf twee sterk vloeiende fonteine en 'n boorgat, ondersteun deur twee plaasdamme, wat 'n volop watervoorraad vir beide vee en menslike gebruik verseker. Daar is ook 10 hektaar wat aktief besproei word.
Die infrastruktuur op hierdie eiendom is goed ontwikkel en sluit die volgende in:
1) 'n Ruim 4-slaapkamer Hoofhuis.
2) Twee vrystaande woonstelle.
3) 'n Werknemerskothuis.
4) 'n Groot skuur, saam met 'n afdak.
5) 'n Slaghuis en koelkamer.
6) Vier binne kampe met 70 hektaar bewerkbare grond.
Let wel: BTW is van toepassing.