Hierdie 3113 vierkante meter erf is te koop by die Kranspoort Gholfbaan. Kranspoort is slegs 2 ure se ry van Pretoria en Johannesburg, op die N11 tussen Middelburg en Groblersdal en 'n klipgooi van Loskopdam. Hier word Swartwitpens, Zebras, Bosbokkies en Rooibokke gereeld gesien. Die erf is plat en kan jy jou droomhuis met gemak en sonder moeite hier bou.
Kranspoort is eiesoortig en uniek. Daar is 4x4 roetes, pragtige staproetes, 'n verskeidenheid wildsoorte, visvang plek, 'n 9 putjie gholfbaan, disk gholf, piekniek plekke en 'n leefstyl van gemak, rus en vrede. Of jy na 'n permanente plek in die bos opsoek is, of net naweke wil gaan uitrus, is Kranspoort die ideale plek om te investeer. Die dorp is gewild en erwe is feitlik almal uitverkoop.
Kontak my vir 'n afspraak en ek wys u met graagte die lieflike boomryke erf.