ALLEENMANDAAT: Hierdie uitsonderlike mooi gelyk erf is nou TE KOOP en beslaan 1567 vierkante meter. Die erf is aangrensend tot 'n groenstrook area en is uiters privaat. Die ligging van hierdie erf is besonders en het die pragtige bosveld omgewing aan twee kante, bure aan die een kant en 'n pad aan die agterkant - ideaal vir 'n oprit direk in motorhuise in. As jy al lank opsoek is na 'n pragtige erf in Kranspoort wat jou privaatheid bied en gelyk is, is hierdie verseker die erf om na te kom kyk en te oorweeg.
Kranspoort is 'n pragtige dorp op die N11 tussen Middelburg en Groblersdal en 'n klipgooi van die gewilde Loskopdam af. Kranspoort is enig en uniek in soort en die Kranspoort leefstyl word al hoe meer gewild. Kranspoort is bekend vir sy veiligheid, vriendelike mense, rustige omgewing en goeie instandhouding en beheer deur die Kranspoort Eienaars Komitee. Kranspoort is beslis 'n plek waar mens kan asem haal en ontspan, weg van die dolle gejaag van die lewe buite hierdie beskermende area met wildsheining. Beheerde sekuriteitstoegang verseker dat inwoners hier veilig voel, en goeie instandhouding en beheer maak die lewe in Kranspoort absoluut gemaklik, Kranspoort bied u soveel meer as net 'n beskermende woongebied. Met die 9 putjie gholfbaan, jukskei bane, markdae, 4x4 roetes en staproetes, voeluitkyk punt en piekniek plekke sowel as speelplek vir kinders en braaigeriewe by die Raasblaar saal, is hier meer as genoeg om te doen. Kinders kan hier, sonder bekommernis van ouerkant, die bos gaan verken en op hul fietse klim en die dorp invaar.
Kontak my gerus vir 'n afspraak om hierdie eiendom te besoek.