Gemeubileerde twee slaapkamer huis met een vol badkamer (bad en stort) en twee toilette beskikbaar vanaf 1 Julie om langtermyn te huur.
Dit is perfek vir 'n jong gesin of afgetreede paartjie.
Die huis spog met pragtige see-uitsigte en 'n aparte braaikamer met ingeboude braaier. Die eiendom is ook diervriendelik maar is nie omhein nie.
Kontak Richard om te gaan kyk!