Geleë op 'n pragtige hoekerf in die middel van Paarl dorp in die hoogste straat teen Paarlberg met werklik asemrowende uitsigte oor ons pragtige berge en vallei.
Hierdie puik bouvakmanskap, 3 vlak siersteen woning bestaan op die boonste vlak uit 'n outomatiese dubbel motorhuis met direkte toegang na die huis d.m.v 'n handige en private oefenvertrek.
Die middelste vlak bestaan uit 3 noordftont slaapkamers, 2 badkamers, oopplan duursame graniet kombuis / waskamer, kolosale sit / eet / tv kamer wat uitkyk en uitleef op 'n heerlike balkon / kuierarea om die uitsigte te kan bewonder en geniet.
Die onderste en grondvlak was tot onlangs as 'n ouditeursbesigheid bedryf en bestaan uit 'n lekker groot ontspanningsvertrek en ekstra groot slaapkamer of dalk 2 slaapkamers met 'n moderne, ruim en nuwe badkamer asook 'n heerlike instap kluis en nog 'n stoorkamer. Hierdie vlak leef uit na heerlike kuierstoepe om die swembad / grasperke te geniet en word ook omring met berg en vallei uitsigte asook die pragtige tuine.
Nog 'n bonus is die werkerswoonstel met eie klein kombuis.
Ekstras:
1 eienaarwoning na 40 jaar in die mark
3 Stoorkamers
Blindings
Fibre internet
Sentrale - asook afsonderlike lugverkoelers
Instapkluis
"Wellpoint" met 2 reënwatertenks
Solar / inverter / battery sisteem
Binnebraai
Uitstekende geleentheid - moenie huiwer om my te kontak nie!