Hierdie 4 slaapkamer woonhuis, gelee in die pragtige Kranspoort dorp, is te koop met meubels ingesluit. Kom druk jou eie stempel af op hierdie lieflike eiendom. Vanaf die stoeparea sowel as die kamers, het u 'n asemrowende mooi uitsig oor die bosveld omgewing en Kranspoort dorp. Die erf is aangrensend tot parkland aan twee kante en is u derhalwe verseker van wild wat hier beweeg.
Die woning bied u 4 ruim slaapkamers met 2 volledige badkamers, 'n groot kombuis en oopplan sitkamer en eetkamer, 'n ingangsportaal en 'n groot stoep. Daar is 'n aparte lapa area wegstaande van die huis waar u feitlik in die bos heerlik kan kuier en braai. Die eiendom is teen die berg gebou maar het vir gerieflikheid 'n parkering aan die agterkant van die woning om met 'n paar gemaklike trappe af na die agterdeur te stap met ingang by die kombuis. Die woning is van hier op een vlak. Die kombuis het soliede duursame houtkaste en selfs die binnedeure van die woning en ingeboude kaste is duursame hout. Die meubels, soos op die foto's, is in 'n puik kondisie en die waarde daarvan verseker elke sent werd. Met hier en daar 'n vervanging met nuwe moderne kombuis toestelle en moderne afwerking in sekere areas, sal u beslis 'n lieflike eiendom in die bosveld kan besit.
Kranspoort is gelee op die N11 tussen Middelburg en Groblersdal en 'n klipgooi van die gewilde Loskopdam en reservaat. Hier loop wild tussen die woonhuise rond en kan kinders met fietse in strate gaan ry of die bosveld omgewing verken sonder enige bekommernis. Kranspoort bied aan inwoners 4x4 roetes, staproetes, 'n 9 Putjie gholfbaan, Diskgolf, 'n klubhuis waar etes bestel kan word, restaurante in die omgewing, 'n gemeenskapskerk, drankwinkel en Kudu Mini Market, stooreenhede, 'n Moot restaurant oorkant die die ingang van Kranspoort, asook Mossienes Kwekery in die omgewing.
Kontak my asb vir 'n afspraak indien u belangstel om hierdie woning te besoek.