ALLEEN MANDAAT
'n Skaarse juweel – een van die laaste ruim hoewes in die dorpsgebied, perfek vir diegene wat luuksheid en rustigheid in een soek. Ervaar die beste van beide wêrelde: dorpsgerief én plaasatmosfeer, alles binne loopafstand van winkels en kuierplekke.
Hoofhuis Hoogtepunte:
• 5 140 m² erf met eindelose potensiaal
• 4 ruim slaapkamers | 2.5 stylvolle badkamers
• Oopplan leefareas met lugverkoeler en antrasietstoof – ideaal vir gesinslewe en onthaal
• Werk-van-huis opsie met 4de slaapkamer
• Aparte waskamer vir ekstra gerief
• Lieflike kuierstoep op die westekant met ingeboude braai – kyk uit oor die landerye en geniet asemrowende sonsondergange
• Pas oorgeverf herehuis – netjies en gereed om in te trek
Ekstra Verblyf andamp; Inkomstegeleenthede:
• 1 x 1-slaapkamer woonstel met eie afdak
• 2 x jonkmanswoonstelle – perfek vir verhuring of gaste
• Skep passiewe inkomste terwyl jy in jou droomhuis woon
Potensiaal:
Gebruik die eiendom as 'n perskeboord, neutplaas, of selfs 'n kleinskaalse boerdery – die geleenthede is volop!
• Verblyfreg is 'n vereiste
• Finansiering beskikbaar – OSK lening opsies
Moenie hierdie unieke kans misloop nie – eiendomme soos dié kom selde in die mark!
Alleen mandaat – kontak ons vandag nog vir meer inligting of om 'n privaat besigtiging te bespreek.
HOSPITES PROPERTIES (PTY) LTD trading as RE/MAX Connections (Irene) operates in terms of a franchise agreement with RE/MAX of Southern Africa.