Hierdie pragtige grasdak huis met 'n ewe mooi woonstel is nou te koop. Die huis kyk uit oor lieflike parkland waar diere gereeld gesien word. Zebra's, Swarwitpens, Koedoe, Rooibokke, Ribbokke, Kameelperde en Vlakvarke kom vreet op jou gras terwyl jy rustig op die stoep of by die swembadarea ontspan.
Die hoofhuis het 3 slaapkamers en 3 badkamers, 'n pragtige kombuis met opwasarea en twee groot leefareas waarvan een die kroeg en tv kamer is en die ander leefvertrek spasie het vir 'n groot sitkamerstel en eetkamer tafel. Die huis is besonders anders met 'n gesellige kombuis met groot eiland waar heerlik saam geeet kan word. Die kombuis is die hart van die huis waarvandaan die leefvertrekke vloei. In hierdie woning voel dit of jy die natuur tot binne-in jou sitkamer en eetkamer kan innooi. Dit is 'n heerlike gesellige woning en ideaal vir mense wat lief is vir die natuur en die omgewing en wildelewe ten volle sal waardeer en geniet. Daar is 'n boma en braai area, goed beskut en privaat, asook 'n swembad om in af te koel in die warm somer.
Al drie die kamers het elkeen sy eie en-suite badkamer. Die hoofslaapkamer se badkamer is toegerus met 'n toilet, wasbak en stort, en die gastekamers met stort, wasbak en toilet. Die kamers op vloervlak het ingeboude kaste en die hoofslaapkamer stap met dubbel skuifdeure uit op 'n houtdek area. Daar is ook ingeboude kaste in die gang en 'n stel trappe wat lei na die groot oop loft wat dien as die 2de gastekamer. Hierdie gastekamer stap ook uit op sy eie houtdek area.
Apart van die hoofhuis is 'n oopplan een slaapkamer woonstel met 'n loft wat as 'n 2de kamer ingerig kan word. Die slaapkamer is groot en ruim en het 'n en-suite badkamer, toegerus met stort, wasbak en toilet. Die woonvertrek is groot genoeg vir 'n sitkamer- en -eetkamerstel en stap ook uit op sy eie private houtdek. Die loft area behoort twee enkelbeddens in te pas. Daar is ook 'n buitekamer met 'n en-suite badkamer met stort en toilet wat maklik omskep kan word in 'n 6de slaapkamer.
Aangrensend tot die erf is 'n tweede erf wat ingesluit is by die prys. Daar is 'n boorgat, 'n solar sisteem op huurkoop wat oorgeneem kan word deur die nuwe eienaars, geinstalleerde wifi sisteem en genoeg parkering vir 4/5 voertuie.
Kranspoort bied jou 4x4 roetes, staproetes, 'n 9 putjie Gholfbaan, visvang en nog vele meer. Hier kan kinders nog in die strate baljaar en fiets ry sonder dat mens vir 'n oomblik daaroor bekommer. Die rustige leefstyl en omgewing is voorwaar kos vir jou siel en hier kan jy net ontspan en in rus en vrede die natuur en omgewing geniet. Kontak my gerus indien jy graag die eiendom wil besigtig of selfs net eers Kranspoort wil kom ontdek. Hierdie stukkie juweel in die bosveld is 'n moet om te sien.
Kontak my om 'n afspraak te maak asb.