Weggesteek tussen die teerpad en die berge, 30 km uit die dorp, wag hierdie 380 ha eiendom vir die koper, wat die kennis en energie het, om die potensiaal van hierdie mooi ou plaas te kom benut.
Daar is ‘n standhoudende rivier (groot rivier) wat deur die grond loop, waaruit die toegekende leiwaterbeurte gepomp word – na die 6m diep gronddam… met genoeg water vir die besproeiing van 6.5 ha lusern en om minstens 50 ooie aan te hou.
Daar is die opstal wat dateer uit die Victoriaanse era, met reuse vertrekke; handgepakte ou klipkrale, twee skure, koelkamer, stoorkamers, afdakke...
‘n Food Grower-eenheid, plaasimplemente - wat ook vele antieke items insluit, oa twee Vaaljapies…
Daar is drie-fase Escom-krag, drie watertenks, twee arbeidershuisies. 24 Sonpanele vir waterpomp.
Kom ry af in die plaaspad, bekyk die huis, die boord, die krale en skure, die leiwaterdam, die velddam, die berge.
Bedink ‘n lewe van vrede en stilte – en hoe dit sal wees om hierdie plaas te laat herleef tot ‘n leefstyl wat so baie mense maar net kan begeer.