Bo-Karoo Eiendomme bied aan: Alleen Mandaat te Koop!!
Die ruim huis bied die geleentheid om as tuiste te dien of as Uitstekende luukse Gastehuis beleggings geleentheid in Orania.
Die unieke huis is gelee in Karoosig op die koppie en bied die mooiste sonsopkoms en sonsondergang uitsig oor die Karoo dorpie en Vallei. Die oomblik wat jy die huis betree ervaar jy die elegansie van die uitsig met die ruim oop vensters skuifdeure vanuit die oopplan kuier leef area. Dit bied ook pragtige uitsig oor die Plonspoel (swembad). Die gesamentlike kuier area, wat as sitkamer en eetkamer dien is toegerus met 'n ingeboude braai. Die bonus is dat die gaste slaapkamer eenhede elk met skuifdeure verbind is met die gesamenlike kuier onthaal area, maar beskik ook oor privaat ingang.
Die Drie selfsorg slaapkamer eenhede is tenvolle luuks toegerus en is elk met 'n moderne aangrensende badkamer wat bestaan uit stort, toilet en wasbak. Twee van die Gastekamer is standaard een vertrek met die badkamer en dan die derde gastekamer beskik oor addisionele vertrek wat dien as kinder slaapkamer.
Die hoofwoning gedeelte beskik oor Studeerkamer / Ontvangs area wat ook aangrensend is met n oopplan sitkamer met kombuis. Die slaapkamer gedeelte is toegerus met Stort, toilet en wasbak en instap oop klerekaste.
Daar is ook 2 buite store vir tuin gereedskap stoor spasie. Oop Prieel parkeerings vir 4 voertuie. Die Sonkrag stelsel bestaan uit 2 x 8.8kv Omskakelaars, met 6 x 5.1kwh lithium batterye en 16 x 550w sonpanele. Solar geysers. 5 x Lugversorings eenhede. (1 in elke gastekamer en hoofworing gedeelte beskik oor 2 eenhede). Totaal onafhanklik van Eskom krag.
Die eiendom word tans bedryf as gastehuis en indien u belangstel sal meer inligtings aan ernstige kopers bekend gemaak word. Hierdie eiendom word bemark met alle meubels en toebehore by prys ingesluit of apart onderhandelbaar. Finansieele state beskikbaar vir ernstige kopers.
Verblyfsreg is vereiste.